Ons was vanaf 2013 betrokke by Abraham Kriel Nylstroom, Bothaville tydens Nampo, Bloemskou, Bultfontein se Boertjiefees, Clearwater Mall Kersmark in Roodepoort, Cullifest, Eurekafees in Meyerton, Harties, Kathu, Kleinfontein met Radio Pretoria se 21ste Verjaarsdag, LenteMakiti in Centurion, Lichtenburg se Lichiefees, Pietersburg Lentemark, Outdoor X, Quest in Vanderbijlpark, Pietersburg Lentemark, Eastrand Mall, Elarduspark, Glenfair Boulevard, Hazeldean Square, Kyalami Corner, Kolonnade Retailpark, Lyttelton Mall, Wonderboom Junction en Zambezi Junction en het tans ‘n permanente winkel in Waverley Plaza. DIE GESKENKE TROMMEL het aanvanklik tydens markte, feeste en Expo’s namens uitstallers gaan uitpak, verkope gedoen en produkte dan na afloop terugbesorg aan die Uitstallers. DIE GESKENKE TROMMEL se huidige konsep sluit Pop Up Winkels in waar produkte namens Uitstallers in een van ons winkels uitgestal, bemark en verkoop word. Kontrakte word onderteken waarin ondernemings gegee word om ons BESTE DIENS aan Uitstallers sowel as aan Kliente te bied. Unieke handvervaardigde produkte word teen uiters billike pryse uitgestal en verkoop. ‘n Ieder en ‘n elk, man en vrou, oud en jonk, kan genot put uit ons tydskrifmooie, handvervaardigde geskenkies wat met soveel liefde, geduld, en sorg voorberei en verpak is. DIE GESKENKE TROMMEL verbind ons tot eerlike kommunikasie en opregte, openhartige verhoudings asook professionele hantering van produkte in ons Geskenkewinkels en –markte. DIE GESKENKE TROMMEL se droom is om ‘n verskil te maak in menselewens, om gemeenskappe te bederf met die mooi, kreatiewe sy van die lewe en om elke dag tot Sy Eer ons beste te lewer. Kom en word deel van hierdie unieke, toekomsgerigte, gefokusde Wenspan en kom bou saam met ons ‘n toekoms waar die Kreatiewe Siele van ons tyd hulself kan uitleef as Uitstallers en geniet as Kliente! |
Terug | Terug na bo |